NOU! GAAN ONS BOER

By BASF Landbouoplossings is ons toegewy aan boerdery. Ons word gedryf deur ’n passie vir dit wat ons die beste doen: Boer! Ons ken die land en verstaan die klimaat. Ons glo ook dat ’n Suid-Afrikaanse produsent goud werd is. Produsente produseer voedsel vir ons land en met die groeiende bevolking raak boerdery toenemend belangrik vir die versekering van ’n volhoubare toekoms.

Die talle uitdagings van die Suid-Afrikaanse produsent

Ons besef dat die Suid-Afrikaanse produsent op ’n gereelde basis deur talle uitdagings in die gesig gestaar word. Die langtermyndoel van enige boerdery is om winsgewend te wees. Vir produsente om hoë winsgewendheid te toon, verg groter opbrengste en goeie kontantvloei.

Dit gaan ook gepaard met die behoefte aan verhoogde produksiedoeltreffendheid en ’n groter druk om hoëkwaliteitoeste te lewer vir beide plaaslike en internasionale verbruik. Volhoubaarheid in boerdery word ook al hoe belangriker vir die versekering van voorspoed vir toekomstige generasies. Op ’n sosio-ekonomiese vlak het die produsent die noodsaaklike rol om voedselsekuriteit vir die nasie te verseker. Hy dra ook tot ’n groot mate by tot die ekonomie as ’n werkgewer, beide óp die plaas en in die plaaslike landbou-industrie. Hierdie uitdagings word bemoeilik en vererger deur makro-ekonomiese tendense wat buite die produsent se beheer is. Dit sluit onder meer in: Klimaatstoestande, wisselkoersfluktuasies, internasionale markte en markpryse asook die plaaslike en internasionale politieke omgewing.

Jou vennoot ten alle tye, in enige omstandighede

BASF en die Suid-Afrikaanse produsent loop al ’n lang pad saam. Ons hoofdoelwit is om die produsent se vennoot te wees en hom te ondersteun op alle vlakke van plaasbestuur in goeie en uitdagende tye. Op ’n wêreldwye vlak het ons ’n baie belowende ontwikkelingspyplyn met talle nuwe beplande oplossings vir die toekoms. In 2017 is sowat €507 miljoen belê in die navorsing en ontwikkeling van hierdie innovasies.

Plaaslik is daar ook in die laaste twee dekades verskeie tegnologies-gevorderde oplossings aan die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel, soos Abacus® Advance, Bellis®, Cabrio®, Stellar®Star, Intelex®, Euro-Lightning® Plus, Sercadis®, Eragon® en Treevix®. Ons AgCelence®-oplossings verseker hoëkwaliteitgewasse (veral vir die uitvoermark) en ’n toename in opbrengs deur middel van verhoogde plantgroeidoeltreffendheid, uitstekende siektebeheer en hoër toleransie teen stremming.

Reeds vir baie jare word hierdie oplossings aan produsente bekendgestel deur die trots

Suid-Afrikaanse BASF-span. Ons hoogs ervare tegniese span werk saam met navorsingspanne in Duitsland om sodoende gewasbeskermingsoplossings te ontwikkel at lei tot optimale resultate vir Suid-Afrikaanse toestande. Ons verkoopspan is regoor die land versprei met die hoofdoel om produsente op grondvlak te ondersteun. “Ek is oortuig daarvan dat ons van die beste tegniese en verkoopspanne in die industrie het. Jare se ondervinding en ’n absolute passie vir boerdery plaas ons op die voorgrond van Suid-Afrikaanse landbou,” sê mnr Bright Breytenbach, BASF landboubestuurder Suid-Afrika. Ons is ook trots op die feit dat ons regtig na die industrie luister. Ter ondersteuning van produsente wat tydens 2017 se droogte finansiële verliese gely het in dele van die Kaap, het ons talle prysverlagings geïmplementeer om te verseker dat hulle in ’n uitdagende seisoen steeds die nuutste tegnologie op hul gewasse kon gebruik. “Ons glo dat inisiatiewe soos dié ons plaaslike produsente tot ’n groot mate ondersteun het en ons sal voortdurend na nuwe geleenthede soek om ons belegging in Suid-Afrika verder te verhoog,” voeg Bright by.

Nóú gaan ons boer!

Met ’n globale pyplyn vol innoverende gewasbeskermingsoplossings asook ’n lojale en ervare plaaslike span, is ons toegewy aan die Suid- Afrikaanse produsent. Met die oog op die toekoms is dit nou die tyd om verantwoordelik om te gaan met hulpbronne, doeltreffend te produseer en voortdurend na volhoubaarheid te strewe.

Volhoubare plaasbestuursoplossings vír Suid-Afrikaners, déúr Suid-Afrikaners – dit is ons leuse.

BASF – Nóú gaan ons boer!

Top