Vir die liefde van landbou
Om te sê jy “hou van” landbou sê heeltemal te min ...
“Hou van” is om in die lande te wees wanneer die weer gunstig is, die grond uit hom laat groei, en die werk maklik voel ... “Lief wees” is om met dagbreek reeds in die velde te wees ongeag die weer, die lande of die werk. Boerdery is nie ’n keuse nie, dis ’n roeping. Dis die grootste taak ter wêreld.
Kies ’n vennoot wat reeds vir generasies lank Suid-Afrikaanse boere bystaan.