Campus®
Selektiewe beheer van grasse en talle breëblaaronkruide in latere gewasstadiums.
Voordele
Gewasbeskerming en beheer van breëblaaronkruide en grasse in latere gewasstadium kan ’n uitdaging wees. Weens die werking van Campus®, en deur jou vertroue op hierdie nuwe chemie van BASF te plaas, kan jy albei uitdagings die hoof bied.
Hoekom Campus®?
Campus®:
- Bied ’n enkeloplossing en beheer ’n wye spektrum grasonkruide (16 spesies) en breëblaaronkruide (27 spesies) en steun gesonde weerstandsbeheerpraktyke.
- Teiken met sy na-opkoms gebruik probleemonkruide; spesifiek onkruide wat later ontkiem en deur saadverspreiding lande vir toekomstige seisoene besmet. Dit is hier waar die krag van Campus® na vore kom; die produk se langwerkende grondwerking bied langdurige beskerming teen grasse en breëblaaronkruide wat ’n gespreide ontkiemingspatroon het.
- Het ’n lae toedieningsdosis van die aktiewe bestanddeel wat hantering vergemaklik en bydra tot lae omgewingsblootstelling. Daarom is dit ideaal vir na-opkoms onkruidbeheer in latere gewasstadiums.
Wanneer grasse en breëblaaronkruide jou gewasse op ’n latere gewasstadium bedreig, het jy ’n onkruiddoder nodig wat na jou gewas sal omsien. Campus® van BASF beskerm jou gewasse deurdat dit klaarspeel met na-opkoms grasse en breëblaaronkruide.
Campus®
Reg. Nr L8521 Wet Nr 36 van 1947
’n Suspensiekonsentraat onkruiddoder vir die beheer van vroeë na–opkoms grasse en breëblaaronkruide (soos aangetoon) in mielies
HRAC ONKRUIDDODERGROEPKODE F2
Aktiewe bestanddeel:
topramezone (pyrazolone) ....... 336 g / lt
Geregistreer deur:
BASF Suid–Afrika (Edms) Bpk.
Mpy. Reg. Nr 66/10235/07
Posbus 2801
Halfway House 1685
VN Nr: 3082
Noodnommer: 083 265 3805
® Geregistreerde Handelsmerk van BASF