AgCelence® oplossing vir Sojabone
Mielies & sojabone - Die beste ROI, die hoogste opbrengs en verhoogde toleransie teen stremming
Abacus® Advance, die AgCelence®-produk vir mielies en sojabone, gee jou voordele bo en behalwe die normale oesbeskerming.
Kry die beste opbrengs op belegging:
- Met AgCelence® sal jou gewasse floreer, en gee dit jou:
-
- Hoër opbrengste
- Verbeterde en bemarkbare gehalte
- Verhoogde produksiedoeltreffendheid
- Toenemende toleransie teen stremming
Kry "meer" gemoedsrus:
- Uitstekende siektebeheer
-
- 'n Suspo-emulsie kontak- en sistemiese swamdoder, dus word alle dele van die plant beskerm vir optimale groei.
- ’n Beskermende effek met 'n hoë aanpasbaarheid vir toediening
- Voorkom spoorontkieming, infeksies en miselium-groei met beperkte sekondêre infeksies in die latere stadiums van plantgroei
- Doeltreffende beheer van grysblaarvlek, noordelike blaarskroei en roes op mielies
- Doeltreffende beheer van sojaboonroes op sojabone
- Doeltreffende beheer van bruinroes, blaarroes, witroes, vaalblaar, bruinaarsiekte, stamroes en geelroes (streeproes) op koring en blaarroes, blaarvlek, netvlek en witroes op gars
Kry "meer" gerief:
- Optimale formulasie: Abacus® Advance is geformuleer met optimum hoeveelheid benatters. Derhalwe word geen bykomende benatters, verspreiders of ander bymiddels vereis nie
- Abacus® Advance is ook vir lugtoediening geregistreer
- Kan toegedien word met lae watervolumes (Sien etiket vir besonderhede)