Cabrio® - Verwag top kwaliteit vir die uitvoermark met die BASF AgCelence® oplossing op sitrus.

Wat jy vandag in jou boord insit – jou harde werk, passie en AgCelence® – bepaal vir nageslagte lank die toekoms.

AgCelence® steun BASF se verbintenis tot innovasie wat jou in staat stel om puik gehalte vrugte volhoubaar te produseer, jaar na jaar.

Ons AgCelence®-oplossings help jou om jou plaas optimaal te bestuur deur verhoogde plantgroeidoeltreffendheid, uitstekende siektebeheer en beter verdraagsaamheid teen stremming.

Met AgCelence® is jy verseker van verbeterde produksiedoeltreffendheid, bemarkbare kwaliteit en die beste opbrengs op jou belegging, sodat jy die belofte van welvaart en volhoubaarheid vir toekomstige nageslagte kan vervul.

AgCelence® – Help jou om jou wins te groei – jaar na jaar.

Verwag uitvoergehalte met Cabrio®

As ’n sitrusprodusent moet jy talle uitdagings in die gesig staar om te verseker dat jou gewas winsgewend en aanvaarbaar is vir die uitvoermark. Suid-Afrikaanse sitrusprodusente stem saam. Met Cabrio® – BASF AgCelence® se oplossing vir sitrus – kry jy die beste opbrengs op belegging en bydrae tot uitstekende plaasbestuur, jaar na jaar!

Cabrio® op sitrus is nie slegs ’n uitstekende oplossing vir die beheer van swartvlek nie; jy kan ook staatmaak op fisiologiese voordele vir die beste gehalte en optimale vruguitpak. Ons noem dit die AgCelence®-effek.

Cabrio® lewer die volgende AgCelence®-voordele:

  • Uitstekende voorkomende beheer van sitrusswartvlek (Guignardia citricarpa)
  • Verbeterde plantgroeidoeltreffendheid
  • Verhoogde verdraagsaamheid teen plantstremming – verlengde vrugdraende leeftyd van ouer bome
  • Eenvormige vrugte van optimale grootte, wat lei tot verhoogde uitvoeruitpak.

Cabrio® sal jou in staat stel om die beste gehalte sitrusoes vir die uitvoermark te lewer.

Top