Agricultural Solutions

Agriculture

Kontak

Regalis®

Plantgroeireguleerder

Regalis® beheer lootgroei vir maksimum ligpenetrasie, hoër opbrengs en uitstekende vrugkwaliteit.

Benefits

Regalis®verlaag ook die vorming van etileen. Verlaagde vlakke van etileen vertraag die verouderingsproses en verminder die afspening van jong vrugte. Met hierdie poduk word die natuurlike siekteweerstand van appelbome ook verhoog.

Regalis® beheer lootgroei vir maksimum ligpenetrasie, hoër opbrengs en uitstekende vrugkwaliteit.

Vir ’n produsent gaan dit hoofsaaklik oor opbrengs! Regalis® van BASF is ’n groeireguleerder wat lootgroei beheer sodat meer energie beskikbaar is vir jou appelbome om beter vrugte te produseer.

Indien jy trots wil wees, nie alleen op die opbrengste vanaf goedversorgde bome op jou plaas nie, maar ook op die opvallend aantreklike en hoëkwaliteit vrugte in jou boord, kan Regalis® jou help.

Voordele van Regalis®

Minder somer- en wintersnoei:

  • Vermindering van lootgroei met ’n 30% – 80% verkorting in lootlengte.
  • Intensiteit van somer- en wintersnoei word merkbaar verminder wat dus op jou arbeidskostes spaar.

Verbeterde kleur van vrugte:

  • Beter penetrasie van lig by Regalis® behandelde bome.
  • Vrugte aan die binnekant van die boom het beter kleur.
  • Meer vrugte van hoë kwaliteit word geoes.

Spuitvriendelike boom:

  • Die internodes word verkort sonder verlies aan blare.
  • Minder afskerming van binneste gedeeltes van die boom.
  • Plaagdoders kan dus meer effektief gebruik word.

Boomvorm:

  • Met gerigte bespuitings kan die boom se vorm gemanipuleer word.
  • Oormatige lootgroei in spesifieke dele van die boom word geïnhibeer.
  • Verlaagde boomvolume bevorder vinniger afdroging na reën.
  • Verlaagde risiko van sonbrandskade op vrugte.

Beter vrugset en opbrengs:

  • Meer energie is beskikbaar vir vrugontwikkeling.
  • Minder kleiner vrugte wat afgespeen word.
  • Beter vrugset lei tot hoër opbrengs.
  • Minder vegetatiewe groei laat meer kalsium toe vir ontwikkelende vugte wat die risiko van bitterpit, brandvlek en ander vrugsiektes verlaag.
  • Minder probleme met afwisselende drag.

Regalis®verlaag ook die vorming van etileen. Verlaagde vlakke van etileen vertraag die verouderingsproses en verminder die afspening van jong vrugte. Met hierdie poduk word die natuurlike siekteweerstand van appelbome ook verhoog.

Regalis®

Reg. Nr L7549; Wet Nr 36 van 1947

’n Waterdispergeerbare korrel plantgroeireguleerder wat gebruik word vir die vermindering van oormatige lootgroei in appels.

Aktiewe bestanddeel:

prohexadione–calcium (acylcyclohexanediones)..............100 g / kg

Geregistreer deur:

BASF Suid–Afrika (Edms) Bpk.

Mpy. Reg. Nr 66/10235/07

Posbus 2801

Halfway House 1685

Noodnommer: 083 265 3805

™ Handelsmerk van BASF

General information

Name Regalis®
Formulation ‘n Waterdispergeerbarekorrel
Ingredients 100 g / kg prohexadione-calcium (acylcyclohexanediones)
Label Regalis™ Etiket
Safety Data Sheet Regalis® SDS

Information on crops and pests

Pests Recommended rate Time of application Number of application
Oormatige lootgroei 70 g Regalis® / 100 lt water + 60 ml Dash® HC / 100 lt water ‘n Minimum van 1,25 Kg / ha Regalis® moet toegedien word. Dien as ‘n blaarbespuiting toe, wanneer die laterale lote 5 – 7cm lank is en 3 – 5 blare ontvou het (kyk Toedieningstyd hierbo).Dien ‘n hoëvolume toediening toe volgens die Boomryvolumeformule of wanneer ‘n laevolume toediening toegedien word, verwys na Toedieningstyd hierbo. ‘n Tweede toediening moet vier weke na die eerste toediening gespuit word. 2
Top