Hoe ontwikkel BASF top-presterende plaasbestuuroplossings?

Ons bied innoverende, betroubare en volhoubare gewasbeskermingsoplossings.

Innovasie, die hart van BASF.

Vir BASF beteken innovasie "meer en meer" voordele vir die boere. Ons wetenskaplikes ontwikkel voortdurend nuwe tegnologieë wat die doeltreffendheid van ons gewasbeskermingsoplossings verhoog om sodoende die bestuur van jou plaas te verbeter.

BASF en boere is vennote; dit is die rede waarom die eerste stap in hierdie ontwikkelingsproses altyd gebaseer is op begrip vir boere se verwagtinge en behoeftes.

BASF verbeter ook sy gewasbeskermingsoplossings deur middel van innoverende formuleringstegnologieë, wat byvoorbeeld unieke nuwe byvoegmiddelsisteme insluit.

Ons formuleringstegnologie stel ons in staat om die aktiewe bestanddeel se oplosbaarheid in water te verbeter. Hierdie eienskap veroorsaak dat die produk eweredig versprei, verbeter die reënvastheid op plantoppervlaktes en fasiliteer vinnige plantopname.

Hierdie voortreflike formulerings verseker dat die aktiewe bestanddele die hoogste prestasie lewer.

As 'n belangrike bydraer tot gewasbeskerming, bied innovasie aangedryf deur BASF, 'n hoër opbrengs op belegging, gerief en gemoedsrus vir jou om jou plaas optimaal te bestuur.

Ons hoë kwaliteit oplossings is vervat in ons nuwe innoverende BASF verpakking - Die Ecoverpakkingstelsel

Betroubaarheid, op-die-plaas ondersteuning en aanbevelings hoe om ons oplossings te gebruik

Vir BASF beteken betroubaarheid hoë gehalte oplossings en op-die-plaas ondersteuning van ons BASF-span met aanbevelings wat toepaslik is vir die streek.

BASF se span is beskikbaar om boere in elke streek met raad en die regte aanbevelings op grond van jou behoeftes en verwagtinge, te ondersteun. Ons span is hoogs professioneel en ervare in gewasbeskermingoplossings en plaasbestuur.

Volhoubare oplossings

Vir BASF, beteken volhoubare ontwikkeling die kombinasie van langtermyn sukses met die beskerming van die omgewing sowel as sosiale verantwoordelikheid. BASF definieer dus volhoubare landbou as die verkryging van opbrengs uit bestaande grond deur minder water en energie te gebruik. Dit geskied terwyl winsgewende boerdery verseker word, daar vir die omgewing omgegee word en die behoeftes van die gemeenskap en toekomstige geslagte vervul word.

Voorspoedige landbou is deel van 'n stabiele en betroubare sosiale omgewing. Op dieselfde wyse beïnvloed boerdery suksesse en mislukkings grootliks die alledaagse lewe, asook die algemene welsyn van die mense in die gemeenskap. Volhoubare landbou moet dus 'n integrale deel van die politieke en ekonomiese debat wees. Dit is belangrik vir ons om volhoubare inkomste vir die boer te verseker en bekostigbare voedselpryse vir verbruikers in stand te hou.

Top