Die regte formulasie is goud werd

Deur Liza Bohlmann van Landbou Weekblad

Dit word telkens herhaal by al wat ’n inligtingsdag en studiegroepbyeenkoms is: Boere moet meer per hektaar produseer.

Allan Penny

Technical Sales Support

allan.penny@basf.com

Kultivarontwikkeling is een bydrae wat landboumaatskappye maak. ’n Ander is die ontwikkeling van nuwe middels wat siektebeskerming sowel as die produksiepotensiaal van plante ontsluit.

Een van die aktiewe bestanddele op die mark wat ’n rits voordele bied, is F500®, wat deur BASF geregistreer is. Dit kom ondermeer voor in twee van BASF se topprodukte wat beduidende plantgroeieffekte bring. Die een is Abacus® wat vir mielie-, sojaboon-, suikerriet-, suikermielie-, koring- en garsboere ’n produksievoorsprong en siektebeskerming bied. Die ander is Bellis® wat wondere op sonneblomme verrig danksy siektebeheer en opbrengsverbetering.

Vir sonneblomboere het Bellis® dié kenmerkende dubbel metode van werking met die kombinasie van boscalid en F500®. Dié formulasie verseker beheer van geteikende swamsiektes wat gesonde gewasse asook verhoogde opbrengste lewer.

Mnr. Allan Penny, een van BASF se Tegniese Ondersteunings Bestuurders, sê dat dit oor veel meer gaan as om net die regte aktiewe komponente in produkte saam te voeg. BASF spandeer soveel as 35% van die totalle ontwikkelings koste om die formulasie van produkte te optimaliseer. Ons kyk veral na die kombinasie van aktiewe bestanddele om vanuit die staanspoor ’n buffer te skep teen die opbou van weerstandbiedenheid. Só is Abacus Advance® noukeurig geformuleer met die aktiewes van F500® en epoxiconazole (triazole).

Dié groot bedrag wat in navorsing en ontwikkeling bestee word, is geen vermorsing nie, soos die voordele van Abacus Advance® wys:

  • Verbeterde waterverbruik
  • Verbeterde assimilasie van stikstof wat beter plantgroei tot gevolg het
  • Verhoogde daaglikse CO2-opname wat lei tot verhoogde styselproduksie.
  • ’n Verlaging in etileenproduksie onder stremmingstoestande, daarom word minder blare, blomme en peule afgespeen wat die gewas in staat stel om die graanvulproses te voltooi.
  • ’n Lokalsistemiese en translaminêre swamdoder, daarom word alle bogrondse dele van die plant beskerm vir optimale groei.
  • Beskermende en kuratiewe werking.

Daar is ’n spesifieke vensterperiode vir toediening en ons moedig ons klante aan om die aanwysings nougeset te volg. Abacus Advance® moet by mielies verkieslik in groeistadium 31 toegedien word (eerste knoop sigbaar bo die grondoppervlak; ook die 5 – 6 blaarstadium genoem). In die afgelope seisoen waar dit maar redelik droog was, het mielieboere in die Chrissiesmeerstudiegroep ’n besliste voordeel ervaar met opbrengste wat tussen 227 kg tot 260 kg per hektaar meer was as die gemiddeld.

Abacus Advance® as ’n swamdoder bied beskerming teen ’n verskeidenheid siektes op die volgende gewasse:

  • Mielies en suikermielies: Grysblaarvlek, noordelike blaarskroei en roes
  • Gars: Blaarvlek, bruinroes, netvlek en poeieragtige skimmel
  • Koring: Blaarroes, bruinroes, geelroes en poeieragtige skimmel
  • Sojabone: Sojaboonroes en onderdrukking van Sclerotinia
  • Suikerriet: Afrikaroes (Tawny rust) en bruinroes

“Ons kan met trots sê dat ons resultate, ’n gemiddelde opbrengsverhoging van 10% getoon het teenoor verskillende kultivars en plase” sê Allan.

NAVRAE: Allan Penny by allan.penny@basf.com

Abacus Advance® Reg. No. L8048 Act No. 36 of 1947. Active ingredients: F500® 62,5 g/ℓ. Epoxiconazole 62,5 g/ℓ. Harmful. Bellis® Reg. No. L7817 Act No. 36 of 1947. Active ingredients: F500® 128 g/kg. Boscalid 252 g/kg. Caution.

F500® - Pyraclostrobin.

BASF Suid Afrika (Edms) Bpk 852 Sestiende Straat, Midrand, 1685 • Posbus 2801, Halfway House, 1685 • Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461

Webblad: www.agro.basf.co.za Mobielewebblad: m.agro.basf.co.za.

Abacus Advance®, Bellis® en F500® is geregistreede handelsmerke van BASF

Top