AgCelence Mielies

AgCelence® oplossing vir mielies

Mielies & sojabone - Die beste ROI, die hoogste opbrengs en verhoogde toleransie teen stremming

Abacus® Advance, die AgCelence®-produk vir mielies en sojabone, gee jou voordele bo en behalwe die normale oesbeskerming.

Kry die beste opbrengs op belegging:

  • Met AgCelence® sal jou gewasse floreer, en gee dit jou:
    • Hoër opbrengste
    • Verbeterde en bemarkbare gehalte
    • Verhoogde produksiedoeltreffendheid
    • Toenemende toleransie teen stremming

Kry "meer" gemoedsrus:

  • Uitstekende siektebeheer
    • 'n Suspo-emulsie kontak- en sistemiese swamdoder, dus word alle dele van die plant beskerm vir optimale groei.
    • ’n Beskermende effek met 'n hoë aanpasbaarheid vir toediening
    • Voorkom spoorontkieming, infeksies en miselium-groei met beperkte sekondêre infeksies in die latere stadiums van plantgroei
    • Doeltreffende beheer van grysblaarvlek, noordelike blaarskroei en roes op mielies
    • Doeltreffende beheer van sojaboonroes op sojabone
    • Doeltreffende beheer van bruinroes, blaarroes, witroes, vaalblaar, bruinaarsiekte, stamroes en geelroes (streeproes) op koring en blaarroes, blaarvlek, netvlek en witroes op gars

Kry "meer" gerief:

  • Optimale formulasie: Abacus® is geformuleer met optimum hoeveelheid benatters. Derhalwe word geen bykomende benatters, verspreiders of ander bymiddels vereis nie
  • Abacus® Advance is ook vir lugtoediening geregistreer
  • Kan toegedien word met lae watervolumes (Sien etiket vir besonderhede)

Abacus® Advance -boere het buitengewone voordeel getrek uit hul oeste ... het jy?

Mielies: Vir elke R1 wat jy belê, kry jy tot R3 terug.

.

.

Top