Agricultural Solutions

Agriculture

Kontak

Skoon landerye, hoër opbrengste …

van saad tot oes die vermoë om die meeste uit elke hektaar te kry.

Clearfield® Plus Produksiestelsel – Wees ‘n stappie vooruit met ‘n doeltreffende en gerieflike plaasbestuurshulpmiddel

Clearfield® Plus is ‘n plaasbestuurshulpmiddel sodat jy onkruidkompetisie op jou landerye suksesvol kan uitroei deur hoë kwaliteit Clearfield® Plus -saad in kombinasie met Euro-Lightning® Plus - die enigste na-opkoms, breëblaaronkruiddoder vir gebruik in Clearfield® Plus -sonneblom.

Hoe bevoordeel dit boere met die - ‘grootste taak op aarde’?

Clearfield® Plus Produksiestelsel bevoordeel die boer deurdat dit ingewikkelde onkruidbeheerpraktyke met ‘n doeltreffende en betroubare stelsel vervang, wat lei tot

  • minder beweging deur die landery
  • minder ure op masjinerie
  • laer brandstofverbruik en
  • minder verdigting

Gerief

Geniet aanpasbaarheid van toediening - Euro-Lightning® Plus bied die gerief van na-opkoms toediening wat selfs onder droë toestande aktief is.

Maak deel uit van hierdie innoverende tegnologie

Die Clearfield® Plus -innovasie verseker dat sonneblomgewasse konsekwent presteer deur hoë kwaliteit hibriede wat beskerm word deur hoogs-doeltreffende onkruiddoders om onkruide wat jou van jou opbrengs beroof, uit te roei. Sonneblom bereik hul volle potensiaal. Boere maksimaliseer hul opbrengs op belegging.

Clearfield® Plus Produksiestelsel waar gewasse floreer en onkruide verwelk en vrek!

Top