Sercadis® is ‘n nuwe swamdoder wat ‘n innoverende oplossing bied vir die beheer van Appelskurf (Venturia inaequalis), Poeieragtige meeldou (Podosphaera Leucotricha) op appels en Peerskurfsiekte (Venturia pirina). Die kombinasie met Delan® verseker ‘n oplossing tot weerstandbestuur.
'n Nie-selektiewe, gedeeltelik-sistemiese kontak onkruiddoder geformuleer as ‘n wateroplosbare konsentraat, vir die beheer van sekere breëblaar, gras- en watergrasonkruide in industriële en onbeplante gebiede.
Met sy langdurige werking – binne-in en buite op die plant, verseker Acrobat® WG uitstekende voorkomende beheer van donsskimmel voordat die siekte op die gewas gevestig raak.