BASF: Toegewy aan boerdery

BASF Suid Afrika is nog altyd toegewy aan boerdery. Dit blyk nie alleen uit die bekendstelling van onlangse innovasies soos Eragon® nie, maar ook deur inisiatiewe soos die volledige transformasie van sy logistieke model en belegging in nuwe tegnologie. Tot dus vêr was 2018 ‘n opwindende jaar vir BASF in Suid Afrika aangesien die chemiese reus sy verspreidingsmodel verander het en sy pakhuis in Johannesburg van Midrand na City Deep verskuif het. Die nuwe pakhuis is sentraal geleë, wat verhoogde gerief en beter toegang vir kliënte bied. Aangesien digitalisering belangriker word in die globale besigheidsomgewing, is BASF Suid-Afrika ook besig met 'n paar inisiatiewe in hierdie veld, wat wissel van die ontwikkeling van 'n opwindende nuwe gewasbeskermingstoepassing, tot die belegging in nuwe satellietbeeldsagteware. "Ons is trots op die feit dat ons regtig na die bedryf luister. In onlangse gesprekke met ons kliënte, het ons ‘n paar behoeftes en tekortkominge geidentifiseer en ons glo vas dat hierdie nuwe inisiatiewe baie waarde tot ons totale diensleweringspakket sal voeg ”, volgens Bright Breytenbach, Landbou Besigheidsbestuurder, BASF Landbouoplossings Suid- Afrika.

Die uitdagende en dikwels onvoorspelbare klimaat van mielieproduksie in Suid-Afrika, benewens die laer as normale mieliepryse, het bygedra tot ‘n komplekse besigheidsomgewing vir boere, waar hulle onder andere gedwing word om hul insetkostes te her-evalueer.

As gevolg van die uiterste droogte ervaar deur die Wes- en Suid-Kaap streke in Suid-Afrika tydens 2017, het BASF Landbouoplossings Suid-Afrika 'n koste verlaging van sy nuutste swamdoder op kleingraan, Ceriax®, in April 2018 aangekondig. BASF is toegewy aan boerdery en het besluit om mielies nou ook deel te maak van dié veldtog deur sy voor- en na-opkoms onkruiddoders, Intelex®, Stellar® Star en Campus® ook nou meer bekostigbaar vir boere te maak. Dit sal boere in staat stel om steeds die nuutste tegnologie te gebruik gedurende 'n uitdagende seisoen en gevolglik ‘n hoër opbrengs op belegging verseker. “Ons glo dat hierdie inisiatief plaaslike mielieboere tot ‘n groot mate sal ondersteun en ons sal voortdurend na nuwe geleenthede soek om ons belegging in Suid-Afrika verder te verhoog", voeg mnr.Breytenbach by.

Intelex®, BASF se rewolusionêre voor-opkoms onkruiddoder op mielies

Intelex®, ‘n Kixor® oplossing, is BASF se nuutste rewolusie vir die voor-opkomsbeheer van grasse en breëblaaronkruide in konvensionele en GMO-mielies. Intelex® is 'n voor-opkoms oplossing in een bottel en vereis geen byvoeging van bykomende produkte nie. Dit bied beheer teen hardnekkige onkruide, onder andere Ipomoea purpurea en Commelina benghalensis. As dit volgens etiket gebruik word, is Intelex® hoogs selektief in mielies en is ook geskik vir gewasrotasie met sojabone, kleingraan en sonneblomme.

Stellar® Star, BASF se breedste spektrum na-opkoms onkruiddoder in mielies

Die twee wyses van werking van Stellar®Star, afkomstig vanaf Topramazone en Dicamba, benodig geen addisionele byvoegmiddels nie. Stellar® Star is geregistreer om 17 eenjarige grasse en 31 breëblaaronkruide te beheer, insluitend onkruide soos Citrullus lanatus, Commelina benghalensis, Fallopia convolvulus en Ipomoea purpurea.

Campus®: hoogs-selektiewe, breë spektrum beheer

Campus® is 'n betroubare na-opkoms onkruiddoder vir die beheer van 'n breë spektrum van 16 grasse en 27 breëblaaronkruide. Dit is hoogs-selektief in konvensionele en glifosaat-verdraagsame mielies en dit gee boere die buigsaamheid om Campus® later gedurende die gewasontwikkeling toe te dien.

Top