BASF fokus daarop om volhoubare oplossings en langtermyn waarde aan produsente, die industrie en die gemeenskap te bied. Ons glo aan volhoubare groei en voorspoed vir almal.

Oor BASF

BASF fokus daarop om volhoubare oplossings en langtermyn waarde aan produsente, die industrie en die gemeenskap te bied. Ons glo aan volhoubare groei en voorspoed vir almal.

BASF is in 1865 gestig en is die wêreld se voorste chemiese maatskappy. Ons het kliënte in 171 lande en produksie-aanlegte in 41 lande. Ons bied volgehoue ondersteuning aan ons kliënte en staan hulle voortdurend by om gesonde gewasse te verseker.

Wanneer dit by navorsing kom, is BASF een van die leiers in landbou-oplossings en het die maatskappy in 2012, €437 miljoen in navorsing en ontwikkeling belê.

Hierdie belegging in navorsing is ’n toonbeeld van ons toewyding om innoverende swamdoders, onkruiddoders en insekdoders aan produsente te verskaf. Dit help jou om jou opbrengs te verhoog en die kwaliteit van jou gewasse te verbeter.

Ons fokus op innoverende chemie en nuwe metodes van werking. Ons proses begin met ’n verstommende 140 000 stowwe en eindig met slegs een aktiewe bestanddeel. Dit verseker dat slegs die beste en mees effektiewe produkte aan jou plaas gelewer word.

Ons heg baie waarde aan vennootskappe met ons produsente en die industrie, daarom focus ons daarop om nuwe tegnologie en oplossings te ontwikkel om:

  • Effektiwiteit te verhoog
  • Jou opbrengs te verhoog
  • Weerstand te verhoed
  • Plantgesondheid te verhoog
  • ’n Hoër opbrengs op jou belegging te verseker.

Top